top of page

SOSIAAL-
ONAANVAARBAAR

Search
73a8c8ba-6177-4e16-8840-aee1018c5105.JPG

ONTMOET DIE SKRYWER

My naam is Nina Breytenbach. Ek is ‘n tans LLM-kandiaat aan die Universiteit Stellenbosch en my veld van belangstelling is kinderregte. My thesis onderwerp fokus spesifiek op kinderregte as menseregte vanuit 'n dekoloniale interpretiewe lens.

 

Ek kom uit ‘n Christelike, konserwatiewe Afrikaanse familie en ek het van graad 1 tot matriek slegs in Afrikaans skoolgegaan. Ek was vir drie jaar van my vier voorgraadsejare betrokke by die US se AfriForum Jeug tak, eers as sekretaresse vir een termyn en toe as voorsitter vir twee termyne. Universiteit was vir my ‘n reuse kultuurskok en ek was baie naïef oor en onbewus van die moelike realiteit wat baie Suid-Afrikaners in die gesig staar. Soos wat ek meer ingelig geword het deur my voorgraadsestudie het ek ‘n identiteitskrisis begin ervaar omdat ek nie geweet het hoe om my bevoorregte posisie te erken sonder om my kultuur, my herkoms en my familie te verwerp nie.

 

Ek glo dat 'n mens eers werklik jou eie sieninge en waardes onder kruisverhoor moet plaas wanneer 'n mens gekonfronteer word met mense wat anders as jy dink. Daar is geen skaamte om van opinie te verander wanneer jy nuwe inligting inwin nie. Die teendeel is egter soos iemand wat sy tennis rakket onderstebo vashou uit onkunde; dan die regte manier gewys word en hardkoppig aanhou om dit verkeerd vas te hou. Of, die persoon wat al die hulpbronne het om ‘n nuwe rakket aan te skaf, maar aanhou om die een uit 1924 te gebruik, want dit het in 1924 goed gewerk. Die resultaat is dieselfde - jy gaan die wedstryd verloor. 

Hierdie blog is my poging om my aangeleerde vooroordeel aan te spreek en hopelik ander mens te inspireer om dieselfde te doen.

PRAAT SAAM

Thanks for submitting!

bottom of page